Onder in my whiskey glas, sien ek jou weer.
Onthou ek hoe ons was, en nou’s my hart so seer.
Die woorde van Koos Kombuis se liedjie hang nou al die hele dag in my kop.
Dalk mis ek hoe mense was.
Dalk mis ek mense wat was.
Dalk mis ek hoe ek was.
Mense beweeg aan,
Mense wat eens so onlosmaakbaar deel was,
Van my lewe,
Van my liefde,
Van my.
Ek kyk onder in my glas
Ek sien so baie,
Maar as die glas leeg is
Is daar niks.